FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Luister na jou siel

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Luister na jou siel Empty Luister na jou siel

    Post by Barend Tue 20 Mar 2012, 2:20 am

    LUISTER NA JOU SIEL

    Sag lê ek en luister
    hoe jou wese fluister
    dinge net vir my ore bedoel
    voel jou asemhaling in my siel
    sien hoe liefde jou gesig streel
    onthou hoe ons die volmaan
    die aande op die strand deel

    ritmies beweeg jou liggaam
    in slaap al jou probleme vergaan
    wonder droom jy van romanse
    van feeverhale wat net jy verstaan
    sag speel ek met jou hare
    jy vloei deur my are
    die kern van my bestaan

    jy moes te gou weggaan
    wonder sit jy nou in die sekelmaan
    nogsteeds as ek luister
    hoor ek jou fluister
    'n roepstem uit die duister
    en vir die eerste keer begin ek verstaan
    my liefde vir jou sal ewig bestaan

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Luister na jou siel Attachmentluister na jou.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (6 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:10 pm