Die rot skarrel
ore gespits
tussen skuur
en opstal
sy voete nat
in die laatnag dou .
Die uil
skreef sy oë
pupille vol .
Buksie, die Jack Russell
gryp die rot
kwylend opgewonde
stertswaaiend stil
sentimeters van die agterdeur .
( 10/01/2009 00h28 )
ore gespits
tussen skuur
en opstal
sy voete nat
in die laatnag dou .
Die uil
skreef sy oë
pupille vol .
Buksie, die Jack Russell
gryp die rot
kwylend opgewonde
stertswaaiend stil
sentimeters van die agterdeur .
( 10/01/2009 00h28 )