FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Freezeframe ( 25 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 25 ) Empty Freezeframe ( 25 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Mar 2012, 4:03 pm

    Die treklorrie
    stof droewig
    die plaaspad af

    weswaarts weg.

    Die son sak
    bloeddorstig-rooi
    en sluk die lorrie
    gulsig in.

    Die boer en sy vrou
    kyk vir oulaas
    weemoedig terug.

    In een oomblik
    flits veertig jaar verby.

    Die man van die bank
    sluit die voordeur
    agter hom
    en trek sy das reg.

    Droogte
    is ñ bliksem.


    ( 10/01/2009 01h30 )

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Freezeframe ( 25 ) Empty Re: Freezeframe ( 25 )

    Post by S.J. du Plessis Wed 21 Mar 2012, 4:34 am

    Baie boere kan met daai gevoel van moedeloosheid vereenselwig. ...Die treklorrie stof droewig...Die son sak bloeddorstig-rooi en sluk die lorrie gulsig in...baie mooi beeld. Beslis 'n "Freezeframe" oomblik.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 25 ) Empty Re: Freezeframe ( 25 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Mar 2012, 12:02 pm

    Hi daar,
    ag dankie vir jou mooi kommentaar...
    n Sad oomblik en twee mense se leeftyd...

    Sponsored content


    Freezeframe ( 25 ) Empty Re: Freezeframe ( 25 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:56 pm