FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Soekend

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Soekend Empty Soekend

    Post by Barend Wed 21 Mar 2012, 8:42 pm

    SOEKEND

    Deur verlate strate bly dwaal
    gebeentes gevind gestroop en kaal
    die begin van my gebroke verhaal
    pyn die universele taal

    kan myself in die sage verdind
    dit het als begin as kind
    ideale nagestreef
    tussen wolke rond gesweef

    realiteit was 'n volwasse begrip
    het gewag vir my eie skip
    die noodlot het besluit
    om kind te wees was uit

    met pyn, smart en gebroke hart
    koers gekry op eie wandelpad
    kronkelpaaie, duiweldorings in draaie
    die begin van eindlose smart

    eers liefde gevind, skielik verblind
    toe die einde aanbreek is ek verslind
    gebroke liggaam sonder been
    hart verander na klipharde steen

    die wind van verandering
    sal wel genesing bring
    hy huil deur eensame straat
    soek in droefheid 'n lewensmaat

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Soekend Attachmentcompass.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (9 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 9:06 pm