Alter ego

    Share
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Alter ego

    Post by BennyB on Sat 17 Mar 2012, 1:28 pm



    Grof smeer rooi deur geskiedenis
    se tweespoorpaadjies,
    draai stories oor legendes,
    in kontras met die hemels se blou
    op aasvoël vlerke
    waar stom kranse antwoord gee

    verwagting wapper vol gate soos vlae
    gestryk teen doringdraad
    geroes-gelos-verlos
    van gister en nou se ideologieë

    gister se skinder-foon-pale
    staan nou koud en stom
    in 'n stil donker steeg
    waar 'n alleen uil
    desperaat na warmte soek

    in die verte koggel 'n verlore siel
    onder 'n strak donker maan
    toe sy alter ego ontwaak
    in 'n nuwe nag
    van sy weerwolf bestaan.

    BennyB
    © 16/03/2012 Barend Booysen


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406
    avatar
    S.J. du Plessis

    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 44

    Re: Alter ego

    Post by S.J. du Plessis on Wed 21 Mar 2012, 4:29 am

    ...gestryk teen doringdraad, geroes-gelos-verlos...Jy skilder so mooi met woorde.
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Re: Alter ego

    Post by BennyB on Sat 24 Mar 2012, 1:29 am

    Baie dankie SJ, word aangespoor deur al die amazing werk wat ek hier van julle almal kan lees What a Face


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406

    Sponsored content

    Re: Alter ego

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:50 pm