FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Stukkie Botter

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Stukkie Botter Empty Stukkie Botter

    Post by Barend Sat 17 Mar 2012, 12:40 am

    STUKKIE BOTTER

    Groot oog het ek in die stad gestaan
    mense hoor fluister waar kom hy vandaan
    'n plekkie wat niemand sal verstaan
    jy sou dink dis anderkant die maan

    dis so vier kilometer verby
    ergelikseer kry
    by die ou geroeste trekker sonder eenband
    sal jy die ingang kry

    daar waar die ou plaas tata
    werk met net een hand
    as jy deur die hek ry
    sal jy weet waar ons plaas sy naam kry

    baie sweet en swaar gekry
    dis die plaas waar ek bly
    deur droogte son en baie min reen
    is my pa en ma tog geseen

    hier boer ons almal soos een
    ekke, boeta en die hond met sy af been
    die dae van baie swaarkry is glad nie verby
    my enigste wens is 'n stukkie botter vir my

    ek wil ook graag net eenkeer
    so ietsie lekker kry

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Stukkie Botter Attachmentou trekker.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (11 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 1:25 am