Freezeframe ( 23 )

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Freezeframe ( 23 )

    Post by Rudi Coetzer on Fri 16 Mar 2012, 2:32 pm

    Die rinkhals
    blaas bakhand
    smekend vir genade

    bang trots
    staan hy sy man .

    Die boervrou
    se snellervinger
    span wys
    en vasbeslote .

    Die telefoon lui –
    twee kortes en ñ lange .

    Sy draai om
    en hardloop
    die huis in .


    ( 10/01/2009 01h01 )

      Current date/time is Wed 22 Nov 2017, 4:13 pm