FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vernietegende liefdesluimergang.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Vernietegende liefdesluimergang. Empty Vernietegende liefdesluimergang.

    Post by Joan Lotz Fri 16 Mar 2012, 6:09 am

    Tydsaam stap ek terug op jou spoor
    liefdesliedjie waarmee jy my bekoor
    versmelt my hart tot vrot papperysel
    een besotte oomblik tot niks verbrysel
    swymelend gelag betaal, jy kras smaal

    vermomming van ‘n taal wat liefde praat
    eet ek die bittervrug van hoon en smaad
    my hart netjies op die brandstapel geplaas
    liefdesblaasvlam vlytig daarheen gehaas
    in bedwelming van liefdesluimering dwaas

    speel jou spel met vaardige lus, jou strategie
    wesentlike waardigheid vermorsel, uit te wis
    wriemel venynig, onopsigtelik, in my verdwaal
    elke moontlike, bruikbare betekenis uitgehaal
    leeggetap, gevoelloos in jou hande fyngemaal

    onvoorbereid het jy my telkemale vasgevang
    in jou liefdesvangnet het my draadjies gehang
    smagtend, hunkerend, onverskrokke my gang
    siel niksbeduidende verminkte drek, gemors
    geskend deur hartelose geweldenaarsdors.
    2012/02/10 Joan.



      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:08 am