FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    VERNIETIG

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    VERNIETIG Empty VERNIETIG

    Post by Barend Thu 15 Mar 2012, 6:48 pm

    VERNIETIG

    Was jy al vasgevang
    in die purperpers maalstrom
    van die hoëveldse donderstorm
    met al sy geweld
    wanneer die bliksemstraal
    jou onder die bed wil kom haal
    waar haelduike in sink slaan
    en jy dink jou lewe gaan vergaan

    dalk weet jy wat ek bedoel
    wanneer die hare op jou nek
    die slag eerste aanvoel
    wanneer dit so reen daar buite
    neem die natuur sy eie besluite

    blitse strome reen
    dans om die aarde heen
    hitte van gister verlore
    nuwe oomblikke word gebore
    'n gestorm en gedreun
    waters vloei al die sleg
    daarmee heen

    wanneer jy dit beleef
    jy jou nie moet begeef
    rou aardse krag
    oordonder die wereld met mag
    vlug of stryd is jou eie besluit

    © Barend van Huysen
    Attachments
    VERNIETIG Attachmentthunderstruck.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (7 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 11:31 pm