Die woorde loop soos smeltsneeu
teen my walle af
soos soet vrugte hang dit
aan druiwetrosse van kaf
die stories loop n lang pad
tot teen my spreek buis aan
en sterf daar
soos n verkluimde dier
wat nie verder kan gaan
Die swygreg kom ons almal haal
die woorde gaan le en sterf
deur wat die hart kan onthou
op pad om vryheid te verwerf
geknelter teen jou stille hart
in poele van weemoed so swart
Die woorde pronk soos pouvere
op die voel se rug
soos pêrels in n halsnoer
van stories van die lug
die gedigte op reis na n uitkoms
tot daar in my hart se hoek
en sterf daar
soos n voel in vlug
en ek sit stil op sy rug
Die swygreg kom ons almal toe
die sinne gaan le en sterf
op pad na rus so sorgvry voort
sonder uitkoms na verderf
verklaar ek Swygreg sonder prewel
dit bly my toevlugsoord