FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gevange

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Gevange Empty Gevange

    Post by Barend Tue 13 Mar 2012, 5:23 pm

    GEVANGE

    Diep binne my wese
    'n gevangene uit eie keuse
    verbind tot hierdie stuk vlees
    die een wat ek altyd sal wees

    daagliks sal my siel
    my geboë hou
    ek sal altyd kniel
    my liggaam gebroke
    my woorde uit gesproke

    deur tyd en mense verniel
    word soms oordonder
    die duiwel jaag van onder
    soekend na my siel

    met woord en lied
    niks in die lewe verniet
    straks, na geluk volg ongeluk
    na dood soos 'n ster verskiet

    in my wese gevange
    dwaal rond in my binnegange
    oorgegee aan lewensdrange
    aan die einde gaan alles tot niet

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Gevange Attachmentgevange.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (10 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 3:31 pm