FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek wil in jou dartel

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Ek wil in jou dartel Empty Ek wil in jou dartel

    Post by Joan Lotz Tue 13 Mar 2012, 3:04 pm

    Ek wil ronddans in jou hart
    vlinderfladderend uittart

    met lyfboodskappe vertel
    drange wat in my opwel

    ek wil jou al my liefde gee
    tyd binne jou wese bestee

    in en om jou ronddrentel
    jou opruik soos laventel

    altyd van my bewus wees
    elke sos emosievol lees

    op die gegewe tyd smaak
    ek soekend aan jou raak

    my lyf oor jou drapeer
    jy elke oomblik begeer

    my vashou, proe en lek
    asem sagwarm in my nek

    hande seekat vroetelvat
    binnebaan van genotpad

    ontploffing onvergeetlik
    liefdesvuur onuitspreeklik
    2012/03/07 Joan.

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:58 pm