FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wispelturig.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wispelturig. Empty Wispelturig.

    Post by Joan Lotz Tue 13 Mar 2012, 12:41 am

    Wind speel tergend in blare
    wispelturige nagsimfonie
    vat-vat liggies aan my hare
    sag vingerpuntige melodie
    slingerswaaiend tiktak tree
    trippetrappetrone harmonie
    wange bloesendrooi, verleë
    piksoen, oorfluistersinnetjie
    hoendervleisrippellende weë
    oor my hele lyf herfspore knie
    drup-drup waterval handgevee
    arm-om-die-lyf tot ver na drie
    dwalend liefdesgange se alleë
    vou vlegbeen seinboodskappie
    hunkerlip voel-voel toegeneë
    vroetelvryerig labirint-euforie
    deinend, golwend na sluimersee
    spontaan, sonoriese eskalasie
    vertroulike weg van neem, gee
    oorgang na gerigte destinasie
    liefdesaanspreeklikheid gedweë

    2012/08/2012 Joan Lotz



      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 9:40 pm