FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Van belang

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Van belang Empty Van belang

    Post by Barend Mon 12 Mar 2012, 11:47 pm

    VAN BELANG

    Van blomme gedigte en sonsondergang
    die dinge wat 'n gebroke hart verlang
    die dinge wat saak maak
    sagte musiek, rooiwyn en skaak

    loop op die strand tydens sonsondergang
    voel hoe die maan soen op jou wang
    dis die dinge van groot belang
    diegene wat dit kan deel
    die een wat maklik 'n hart kan steel

    voete in water by enkels verby
    oor gladde klippe loop en nooit nie gly
    oë toemaak en weet dit is jy
    die persoon wat my hart sal kry

    badwater en kerse daarby
    borrelbad waar in jy saggies kan gly
    roosblare dryf almal verby
    die tekens van liefde tussen jou en my

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Van belang Attachmentvan belang.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (7 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 9:41 am