hier tussen die splinters
van my drome van glas
en koue vlokkies van baie winters
probeer ek mosaïek plak en las;
waar eens sekerheid was
is nou net die verloop van tyd
en die ewige stryd teen spyt
wat altyd anyway te laat kom
en wie klop aan die deur
ja, die donker engel al weer
soos ʼn engel van die lig vermom
maar ek grynslag vir hom
oor dit wat ek om my sien
staan ek inderdaad verstom
ʼn biljoen strale van die son
wat vir oulaas op my splinters reflekteer
en ek besef so midde die reënboog subliem:
die einde is net die begin, ek sweer
© Torm 2012