Skoppensboer.

    Share
    avatar
    Joan Lotz

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 80

    Skoppensboer.

    Post by Joan Lotz on Mon 12 Mar 2012, 5:54 am

    Staalgrys oë tuur
    berekenende gluur
    kil beslissingsuur

    snikheet dié aand
    kaart in die hand
    afpersingspand

    laaste spel vereis
    hart as losprys
    sonder munt of kruis

    my hand nie gevra
    mag lot nie bekla
    sou dwingelandy pla

    in siel erg ontroer
    totale wese ontvoer
    wenkaart Skoppensboer.
    2012/01/31 Joan Lotz

      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:36 pm