Tevergeefs...

    Share
    avatar
    Joan Lotz

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 80

    Tevergeefs...

    Post by Joan Lotz on Mon 12 Mar 2012, 5:52 am

    Kerkklokke het gebeier
    ons trou-uur ingelui
    my hart eensklap gesteier
    jy wag nie daar vir my

    by kerkdeur stil gestaan
    skrei my wese...hoekom
    ons was dan so verheug
    verstaan geensins waarom

    jy sê jy het daar ingeloer
    in spore weer omgedraai
    glans van liefde wat jou roer
    vir ‘n ander deur my oë verraai

    dit was eintlik net ‘n terugblik
    sou jy weet, dalk ook verstaan
    vir net ‘n vlietende oomblik
    dat dit deur my gedagtes gaan

    my hart aan goue koord gebring
    het jy nader gestaan sou jy sien
    gloed duidelike weerkaatsing
    met liefde ek jou sou bedien.
    2012/02/17 Joan

      Current date/time is Sat 23 Sep 2017, 9:13 am