FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefdesroep van die see

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Liefdesroep van die see Empty Liefdesroep van die see

    Post by Joan Lotz Mon 12 Mar 2012, 5:42 am

    Laatmiddag turend oor oseaan
    peinsend gedagtes oor jou gaan
    liefde het onverwags kom kuier
    hoop die keer dit langer sal luier

    sien die erns in jou diepbruin oë
    keer jy my wese heel onderstebo
    voel in die wind jou arms om my
    kom jou stem aangerol met die gety

    jou asem sagwarm in my nek blaas
    binne my deinende branders raas
    rolmaal golwe my hart tot by jou
    snoesig in liefdeskombers toegevou

    warrelwind jou styf teen my aandruk
    lustig ondeund aan my wese plukpluk
    son het oor die see reeds ondergegaan
    wil my pad wesenlik na jou terugbaan
    2012/02/24 Joan

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:02 am