FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Legkaarte

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Legkaarte Empty Legkaarte

    Post by Barend Sun 11 Mar 2012, 3:27 pm

    LEGKAARTE

    Van vorm gesmee
    wat maak jy daarmee
    jy het 'n nommerpas
    iewers in die wereld se tas

    met vorm en skaaf vind jou lewensmaat
    saggies vryf en skuur kleindinge om te verduur
    nie alle stukkies pas op slag
    party val in plek op die regte dag

    wat jy uit gee loop jou geliefde mee
    net om soveel meer van hom te begeer
    niks en niemand kan dit keer
    alles sal weldra goed in pas

    gryp jou wereld tas skud hom rond
    die stukke wat uitval op die grond
    begin dit stadig bou
    dis die lewens maat vir jou

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Legkaarte Attachmentgesig puzzel.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (9 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 8:38 pm