FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    coûte que coûte

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    coûte que coûte Empty coûte que coûte

    Post by Barend Sat 10 Mar 2012, 1:39 am

    coûte que coûte

    Jou waarde word bepaal
    nie deur geld maar deur stories
    geskryf in jou lewensverhaal

    die dinge van 'n kind
    in jou murg en weefsel verbind
    dis wat jou laat wen of faal

    bydraes van mense oor jou lewensgrense
    elk een los 'n stukkie edelmetaal
    van goud tot diamant

    hou jy almal in hand
    die een waarde wat jy nooit kan verpand
    laat dit kos wat dit wil

    belegging in mense
    meer waardevol as ou sikspense
    gesmee in vriendskapsband

    hoe kan jy dus jou waarde bepaal
    kyk diep binne jou lewensverhaal
    besluit self het jy gewen of gefaal

    © Barend van Huysen
    Attachments
    coûte que coûte AttachmentBarend hand.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (7 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:55 am