My Wese

    Share
    avatar
    Barend

    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 45

    My Wese

    Post by Barend on Fri 09 Mar 2012, 8:00 pm

    My Wese

    Soos blom bloeisels bloei
    liefde begin groei
    niks word verlore
    'n wese gebore

    op verwersdoek eerste kwasmerk gesoek
    die begin van 'n wonderlike ding
    bloed deur my are
    loop die pad al vir jare

    die prag van oggenddou
    wanneer sonlig sy hande omvou
    kindergelag met wonderkrag
    bring beloftes van 'n nuwe dag

    suurstof in motorbande
    goudgeel koringlande
    dinge wat mens altyd onthou
    als leeg sonder jou

    glanswit volle maan
    sal iemand dit verstaan
    die vloei van 'n traan
    die eerste kraai van 'n haan

    jy vul my hele wese
    jou lief te hê die beste keuse
    amare è vivere is my leuse

    © Barend van Huysen
    Attachments
    tears.jpeg
    You don't have permission to download attachments.
    (9 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 24 Nov 2017, 1:23 am