Richterskaal van ons liefde

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Richterskaal van ons liefde

    Post by Rudi Coetzer on Wed 07 Mar 2012, 5:21 pm

    Ek proe jou
    nog op my lippe
    ek proe jou nog
    op my tong

    die hitte van jou lyf
    vlam nog in my vel
    vuur nog in my kop .

    En as jy jou oë toemaak
    en fyn luister
    sal jy nog hoor
    hoe my hart gallop
    hoe my siel jubel .

    Laas nag se ek en jy
    naskok nog deur die aarde
    van my voel
    en die trillings
    van ons passie
    teken nog grafieke
    op my binneste se blokkiespapier .


    ( 02/03/2012 10h20 )

      Current date/time is Wed 16 Aug 2017, 10:29 pm