Asemteug
Ek wil my longe vul met jou
jou hier diep binne my vashou
wil jou deur my are laat vloei
jou hê deur die lewensjare
ek wil voel wat jy bedoel
jou naakte liggaam langs lê
saam sweef oor die strand
die sonsondergang op ons oë brand
in my gedagtes wil ek jou hou
jou in liefde laat vertrou
'n nuwe lewe begin meet
aan die reels van vergewe en vergeet
in arms saam vleg
jou wys die lewe is nie net sleg
oggenddou vir jou vang,
jou saggies soen op jou wang
wil alles probeer vir jou gee
van son, maan en die blou see
jou lewe leef in volle prag
© Barend van Huysen
Ek wil my longe vul met jou
jou hier diep binne my vashou
wil jou deur my are laat vloei
jou hê deur die lewensjare
ek wil voel wat jy bedoel
jou naakte liggaam langs lê
saam sweef oor die strand
die sonsondergang op ons oë brand
in my gedagtes wil ek jou hou
jou in liefde laat vertrou
'n nuwe lewe begin meet
aan die reels van vergewe en vergeet
in arms saam vleg
jou wys die lewe is nie net sleg
oggenddou vir jou vang,
jou saggies soen op jou wang
wil alles probeer vir jou gee
van son, maan en die blou see
jou lewe leef in volle prag
© Barend van Huysen