FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jou aanraking

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Jou aanraking Empty Jou aanraking

    Post by Barend Sat 03 Mar 2012, 4:59 pm

    Jou aanraking

    Waar het als begin
    dit was deur jou aanraking
    ek beleef dit elke dag
    ek hoor op die wind jou gelag

    ek voel jou lippe op my wang
    waneer ek op die strand loop
    tydens die sonsondergang

    vir my nuwe lewe gegee
    drome vervul van net ons twee
    kan voel wat jy bedoel
    jou emosies oor my laat spoel

    ek verstaan die pyn agter jou lag
    ken jou vrese van dag tot dag
    jou liefde ken geen perke
    jou siel geskaad deur merke

    ek verstaan die stiltes in jou dag
    jou skoonheid soos ‘n verskietende ster
    weet jou ware liefde is te ver

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 9:12 am