FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Suikerbekkie sweet

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Suikerbekkie sweet Empty Suikerbekkie sweet

    Post by AmmieMoon Fri 02 Mar 2012, 3:01 pm



    jangroentjie hang aan 'n wilde dagga blom
    met vlerke wat bottelgroen fladder
    in die vroegoggend son
    (soos die nadraai van 'n orgasme)

    die immersoet druip teen 'n pyporrel snawel
    toe hy nektar deps
    uit 'n blomkelk se nawel
    (soos die klamte tussen dye)

    slingerswaai kriewels tussen stingel en blaar
    waar hy douvars koketteer
    in snak-strale baljaar
    (soos jubelende tepels)

    hy sluk nog vir oulaas
    toe morestond hom sus
    teen haar geswolle lippe.


    © 2012 Almarie Truter

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 7:27 pm