Versus

    Share
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Versus

    Post by antieklimaks on Fri 02 Mar 2012, 12:57 pm

    In koel, donker kuile
    skuil my emosies soos bang visse.
    Soos hardgewerkte muile
    is my gedagtes moeg soos stomp messe.

    Alles in my is in limbo -
    bang en roekeloos
    moeg en op soek na adrenalien
    stom en borrelend
    jammer en aspris
    bar en vol vrugte
    warm en koel
    lig en donker.

    In koel, donker kuile
    skuil en van myself,
    kruip ek weg vir die waarheid,
    krimp ek weg van jou.
    My woorde is stomp messe
    wat steek en sny,
    maar ek alleen dra die merke.

      Current date/time is Sun 23 Jul 2017, 11:46 pm