Jy enkel Ma

    Share
    avatar
    Barend

    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 45

    Jy enkel Ma

    Post by Barend on Wed 29 Feb 2012, 4:41 pm

    Jy enkel ma

    Jy enkel vrou, ja ek praat van jou
    kan jy nog in vryheid glo,

    Jy enkel ma wat nooit verniet kla,
    en wat moet verduidelik waar is hul Pa.

    kan jy onthou toe hy sy arms om jou vou
    en die wereld beloof het voor oggend dou,

    jy enkel ma wat hartseer dra, wat net jy kan verkla,
    jou seer is diep van smart en verdriet,

    maar kla sal jy nooit ooit verniet,

    jy betaal jou pond vleis wat jou kinders vereis,
    want dis die verantwoordelikhede van 'n ma.

    jy enkel ma wat hulle hartseer moet dra,
    en oor jou eie nie kan kla.

    elke dag maak seer jy probeer maar net weer,
    want sterke van gees is wat jou dra,
    jy enkel vrou die gedig is vir jou

    want ek sou jou op my hande wou dra.

    © Barend Van Huysen

      Current date/time is Sun 19 Nov 2017, 4:25 am