FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Swerwer in my

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Swerwer in my Empty Swerwer in my

    Post by Barend Tue 28 Feb 2012, 4:02 pm

    Swewer in my

    Het lankal van die spoor gedwaal
    sweef jare al hier rond
    het vriende met die tyd verloor
    het my getroue hond.

    my verlede is my ketting
    dit hou my gegrond
    staan op die dood se voorstoep
    hoor hoe my ou vriende roep

    die dae is windverlate
    soos 'n skip op die see
    dryf ek in 'n rigting
    ek kan nie meer omgee

    weet wel van als verlore
    van pyn en smart
    ken ek die tekens van 'n erg gebroke hart
    verlate, verlore loop ek op gister se spore.

    tot ek eendag rus sal vind
    waar liefde weer sal verbind
    alhoewel gebroke en verniel
    soekend na verlossing vir my siel

    © Barend Van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:36 am