FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 47 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 47 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 47 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 09 Mar 2012, 4:15 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    pluk vir my die dagbreek-son
    wat nog skaam skaam
    bloswang agter die ooster-kim uitloer .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    vang vir my die vrolike vroegoggend-koer
    van ñ opgewonde tortelduif
    tussen die sagte skulp van jou bakhande vas .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    nestel jou snoesig teen my aan
    jou warm vel teen my warm vel
    jou vlakasem teen my vlakasem
    my hunker hartklop en jou hunker hartklop inpas .

    Ag Baby , my bekkie bokkie-blom
    buite kan die wêreld maar vergaan
    want hier binne , tussen jou
    en my blom ons liefde beautiful
    silwer goud en blou
    soos die vol-glim van die maan .


    ( 08/03/2012 19h47 )


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 9:09 pm