My stukkie aarde
het skielik verdubbel
met jou
en prinsessie
hier aan my sy
en my eens se horison
is nou
net ñ Platberg naby .
In hierdie ou karkas
wat nie te lank gelede
net karige oorblyfsels
van aasvoël-kos was
se eens plat dor longe
bult daar nou weer asem
dankbaar-diep ingetrek
in hierdie eens lewensmoeë-oë
vonkel daar nou weer nuutgevonde hoop
en in hierdie eens dooie donker-siel
skyn daar nou weer ñ helder lig
wat lewens-gewend is .
My eens stil-hart
klop nou doef-doef
hoorbaar happy .
So , daar het jy dit nou my Baby .
Gee my jou liefde
gee my jou hand
gee my jou hart
gee my jou verstand
gee my jou drome
gee my jou mooi
gee my jou gisters
om weg te gooi .
( 17/02/2012 14h02 )
het skielik verdubbel
met jou
en prinsessie
hier aan my sy
en my eens se horison
is nou
net ñ Platberg naby .
In hierdie ou karkas
wat nie te lank gelede
net karige oorblyfsels
van aasvoël-kos was
se eens plat dor longe
bult daar nou weer asem
dankbaar-diep ingetrek
in hierdie eens lewensmoeë-oë
vonkel daar nou weer nuutgevonde hoop
en in hierdie eens dooie donker-siel
skyn daar nou weer ñ helder lig
wat lewens-gewend is .
My eens stil-hart
klop nou doef-doef
hoorbaar happy .
So , daar het jy dit nou my Baby .
Gee my jou liefde
gee my jou hand
gee my jou hart
gee my jou verstand
gee my jou drome
gee my jou mooi
gee my jou gisters
om weg te gooi .
( 17/02/2012 14h02 )
- Attachments
- ñ Platberg naby foto.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (299 Kb) Downloaded 0 times