FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Lied van verlange

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Lied van verlange Empty Lied van verlange

    Post by Barend Sat 25 Feb 2012, 3:17 pm

    Lied van verlange

    Volle prag van kleur
    soeteblommegeur
    aandlied van verlange
    gee toe aan jou drange
    jy kan meer liefde gee.

    Stap jul op strand verlate
    op gladde klipplate
    kniel voor haar neer
    alleen wil jy nie meer.

    Die oranje sonsondergang
    versterk jou hartsverlang
    jou liefde wil jy deel.

    Die aandwind liggies fluister
    vir die wat vir haar luister
    sal sy jou liefde deel
    pers, blou rooi en geel
    sonsondergang kan nooit verveel.

    Die liefde in haar oe
    jy staan daar kop geboe
    met troupand vat jy haar hand
    loop saam my lewenspad oor die rand.

    © Barend Van Huysen

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:30 pm