FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Van Robben eiland

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Van Robben eiland Empty Van Robben eiland

    Post by Barend Fri 24 Feb 2012, 3:30 pm

    Van Robben eiland

    Daars 'n eiland aan ons land,
    Wat kulture laat verbrand,

    Omring deur see sy bloed gegee, vir 'n toekoms vir ons land.
    Hartseer keer op keer gevolg deur pyn en smart, O jongeling, verworpeling, jou inkarnasie gaan vrede bring.

    Die kinders dans hul het 'n kans jou lot vir jou besluit, die groot induna voorgeneem Mandela kan maar uit,
    Jy het geswoeg, klaar gestry, jou marteling verby, begin met die gety en maak jou nasie vry,

    Deur donker ure agter dikke mure het julle als beplan van Robben eiland tot die unie gebou het jy geweet jy kan.
    Jy het uitgeloop met mensehoop miljoen wou net skree, Mandela jy is 'n held voer die nasie mee.

    So gese so gedaan die tyd stap stadig aan, van jonge bokser reg vir stryd, jou naam gegiet in ewigheid.
    Baie mense staan verward die swartmag storm aan, in jou hart het jy geglo die land sal altyd bestaan.


    (C) Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 4:24 pm