Ma

    Share
    avatar
    Barend

    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 45

    Ma

    Post by Barend on Fri 24 Feb 2012, 3:32 pm

    Ma
    Dis hoe ek jou onthou
    Stil sterk maar tog ‘n gebroke vrou

    ‘n beter ma kon ek seker nie kry
    Jy ‘n huis verskaf vir veilig bly

    Deur dik en dun my bygestaan
    My seker nooit heetlemal verstaan

    Jou bes probeer om my groot te kry
    Oor baie dinge is ek bly.

    Maar met blydskap kom ook smart
    Ons altwee deel ‘n gebroke hart

    Mettertyd sal vlees vergaan
    Maar moederliefde sal altyddeur bestaan,

    In jou, dink ek ,nie net ‘n vriend gekry
    Maar ‘n moeder vir my

    © Barend Van Huysen

      Current date/time is Fri 22 Sep 2017, 10:17 pm