FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Oggend vreugde

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oggend vreugde Empty Oggend vreugde

    Post by Rudi Coetzer Mon 20 Feb 2012, 11:51 am

    Dag kyk grootoog
    deur die vier vensters
    na my
    wat nog in die donker
    van drome dwaal .

    Dag se ongeduldige sug
    glip deur gaatjies en skrefies
    ge-abba op die wind se rug
    “ die son trek al water ”
    “ roer jou gat , elke minuut is kosbaar . ”

    En ek ?

    Ek maak my oë
    onwillig oop
    en loer grootoog
    deur die vier vensters
    na dag
    wat buite vir my wink
    om met hom te kom speel
    en kinderlike-vreugde
    met myself te gaan deel .


    ( 14/02/2012 21h30 )

    >> Fotograaf : Ronell Marais
    Attachments
    Oggend vreugde AttachmentOggend vreugde foto.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (77 Kb) Downloaded 0 times
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Oggend vreugde Empty Re: Oggend vreugde

    Post by Claira Summers Wed 22 Feb 2012, 11:13 pm

    Baie mooi Rudi. Ek was lanklaas aan die gang hier. Bietjie besig met trekery en huis soek!!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oggend vreugde Empty Re: Oggend vreugde

    Post by Rudi Coetzer Thu 23 Feb 2012, 11:58 am

    Hi daar,
    ag dankie.
    Se net gisteraand vir Feetjievrou:jou baie lanklaas hierrond gesien,wonder wat van jou geword het!
    Very Happy

    Selfs met trekkery..(trek jy tou?...) en huissoek is daar altyd tyd vir dig.....
    bounce

    Sponsored content


    Oggend vreugde Empty Re: Oggend vreugde

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:38 pm