FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Spikkelwese

    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    Spikkelwese Empty Spikkelwese

    Post by Bobette Smit Sat 18 Feb 2012, 9:28 pm

    Anderkant nooitgedagt
    waar geloof en genade ontmoet
    daar waar hoop nooit beskaam
    ’n stille wete met verloop van bloed

    soos die dag van gister
    wat nie meer hier hoort
    sypel twyfel deur die krake
    en gaan met vrees akkoord

    in die landskap van my hart
    lê die berge nogsteeds so blou
    smekend om vergifnis vir my menslikheid
    ek, die spikkelwese, sal bly vertrou
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Spikkelwese Empty Re: Spikkelwese

    Post by S.J. du Plessis Sun 19 Feb 2012, 12:42 am

    Pragtig gestel Bobette. Net 'n vragie: Jy verwys na die plek Nooitgedagt (wat opsigself betekenes het)...Verwys dit na Nooitgedacht (dalk 'n plaas) in die Noordwes of Kaapprovinsie? Sal interessant wees om te weet. Smile
    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    Spikkelwese Empty Re: Spikkelwese

    Post by Bobette Smit Sun 19 Feb 2012, 3:39 am

    Dankie vir jou lees en kommentaar.
    Mmmmmm.....eintlik 'verduidelik' ek nie regtig my skrywe nie, want daar is soveel dieper nuanses en betekenisse vir my persoonlik.
    Om terug te kom na jou vraag - en dit ook tog NIE te beantwoord nie....
    Ek is oorspronklik van die Wes Kaap, Robertson grootgeword, Stellenbosch geswot - so ja -ek was al op Nooitgedagt buite Stellenbosch. En tog, is dit nie werklik waarna ek verwys nie. Jy sal merk dat nooitgedagt nie met 'n hoofletter geskryf is nie. Dus, is dit vir die leser om self te besluit. Dalk het ek net bedoel dat dit is iets wat ek nooit gedink het sal met my gebeur nie?! SMILE Of dalk is dit dalk 'n ander plaas (of plek) waar ek al was of NIE was nie?!
    Mooi bly!

    Sponsored content


    Spikkelwese Empty Re: Spikkelwese

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 1:28 pm