FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefdesbrief

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Liefdesbrief Empty Liefdesbrief

    Post by Madri Cordier Wed 15 Feb 2012, 3:33 pm

    Ek skryf vir jou 'n liefdesbrief op die duine van my hart se sand
    maar die eb van emosies spoel dit weg deur die nag keer op keer
    Loop katvoet deur die smagtende branders van my alleenbestaan
    gedagtes sweef soos die meeu oor die see en die stilte weerklink

    Die woorde snoesig sag en die wysers van tyd se ritme tik kliphard
    weer skryf ek 'n liefdesbrief en stuur dit die keer met die posduif saam
    Sielsgenoot, jou kluisenaarsbestaan op jou hart se rots raak my hart
    neem my liefdesbrief en stuur vir my tog net ietsie van jou siel terug

    Angstig wag ek vir die terugkoms van die posduif of het hy te ver gevlieg
    sekondes, minute, ure, dae, maande, jare kondig die horlosie harteloos aan
    Dag vir dag wandel ek soekend op die duine van my siel se eensame roete
    vir dryfhout van jou sielsverstaan, 'n boodskap in 'n bottel of net groete

    Hier kom 'n posduif nou aan...
    op die briefie staan net jou naam!
    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:56 pm