Net vir jou

    Share
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Net vir jou

    Post by BennyB on Wed 15 Feb 2012, 12:07 am


    Sag dans hoop
    in 'n koel bries vanaand.
    Die maan spotlight
    ... my hart se droom
    van jou
    in my arms
    net vir nou.

    Ek droom vir 'n oomblik
    om met jou te dans
    onder 'n sterre-skouspel
    waar emosies verskiet
    en 'n duisend drome
    my smag na jou
    vir altyd waar mag maak.

    Hier en nou
    gee ek vir jou
    toegedraai in rooi satyn
    geseel met was,
    'n brose hart
    wat pols
    net vir jou.

    BennyB
    14/02/2012 © Barend Booysen

    Valentines dag is veronderstel om 'n bevestiging van liefde tussen twee mense te wees. Elke dag behoort so te wees dan nie? Wel hoe jy dit ookal sien is die dag ook moeilik vir die wat nie daai een spesiale persoon in hul lewe het nie. Hierdie vers is vir wie dit nodig het, never stop dreaming! Iewers daar buite soek iemand ook vir sy of haar deksel.


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406

      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:44 pm