FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oakhurst

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Oakhurst Empty Oakhurst

    Post by Torm Sat 11 Feb 2012, 12:47 pm


    Lottering loop onverhoeds
    die woestheid binne
    waar branders rotse maal
    al hewiger
    soos water in ʼn bord
    wat al erger kantel

    maar die diepsee soos die wysheid
    loop rustig aan en aan
    langs dolfynepad gebaan
    tot by robyn en roospienk
    op lila waar die son val

    ek kyk met onvolmaakte oë
    na U volmaaktheid
    en die skouspel maak my bang
    om beter te kan sien
    maar tog opgewonde
    oor dit wat nog sal kom
    uiteindelik

    © Torm 1991

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 11:14 pm