Janis sing

    Share
    avatar
    Melanie van As

    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 32

    Janis sing

    Post by Melanie van As on Wed 08 Feb 2012, 7:56 pm

    Deur bliksems sing Janis haar hart vas.
    Van vrees die nag se donker in
    met woorde rou haar aarde oor
    van liefde en ou stukke siel toegevou
    in gejaagde drome
    wat niemand ooit sal vertrou nie.

    behalwe ek-
    vir wie die dag-geluide nie meer praat
    saam sonskyn en dooie name nie,
    iewers tussen woude
    en die grou van die bitter oseaan
    het die bome ophou loer en water ophou spoel
    vir die stukkende fotos wat ek neem
    en wys vir die volk
    -goed en kwaad-
    met die hoop dat liefde groter
    as die dood homself is.

    Een laat dag as die wolke nie meer huil
    vir die woorde wat skree
    uit die holtes van genade nie
    sal onse lewe weer begin
    in die eindlose slaap
    wat bieg tussen die groen en blou skakerings
    van asem uit die grond
    wat net die mens homself kan uitblaas.

    Janis sing
    en ek sien hoe die akkoorde
    sny deur die onthou
    vir die goed en kwaad
    wat hardloop in my are.

    Sy sing nog in my nag
    terwyl die rooiwyn opraak
    en ek vir die laaste keer lag
    vir die dood wat staan en wag
    agter die mure van lewe wat val
    tot in môre se gebore lied
    van 'n nuwe oggend
    in die arms van die reën.
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Janis sing

    Post by Rudi Coetzer on Wed 08 Feb 2012, 9:59 pm

    mal hieroor.
    stunning werk.
    kan dit oor en oor lees.
    oor en oor hoor.
    well done.
    (jyt weereens bewys[aanjouself]..jy KAN)
    Very Happy
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Janis sing

    Post by antieklimaks on Thu 09 Feb 2012, 12:06 pm

    Wonderlik!

    Sponsored content

    Re: Janis sing

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 Nov 2017, 4:24 am