FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy is toe nie op die bodem van ñ vol bottel OBS nie en nie eers OBS kan die alleennag-winterkoue uit my verlang-lyf dryf nie . Selfs nie eers met ys uit Wagter se waterbak nie .

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy is toe nie op die bodem van ñ vol bottel OBS nie en nie eers OBS  kan die alleennag-winterkoue uit my verlang-lyf dryf nie . Selfs nie eers  met ys uit Wagter se waterbak nie .  Empty Jy is toe nie op die bodem van ñ vol bottel OBS nie en nie eers OBS kan die alleennag-winterkoue uit my verlang-lyf dryf nie . Selfs nie eers met ys uit Wagter se waterbak nie .

    Post by Rudi Coetzer Wed 08 Feb 2012, 12:27 pm

    Die son kots vanoggend
    gal-geel oor die vaal-bruin vlaktes en heuwels
    want OBS het nie brieke nie
    en laasnag was maar koud

    tog

    selfs ñ alleenhart
    kan sulke skoonheid nie miskyk nie
    kan sulke skoonheid nie ontken nie

    tog

    kan jy selfs nie sonbril-lose-bloedbelope-oë
    teen die mooi van ñ oggend sluit nie

    en

    dring selfs die voëtjies se vrolike-sang
    verby hammer en beitel
    wat sistematies ñ kop-been oopkap
    se onuithoubare geluid .

    Gisteraand het ek net soveel beter as nou
    gevoel sonder jou .


    ( 07/02/2012 14h07 )

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 11:39 am