FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vlietend

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Vlietend Empty Vlietend

    Post by Rudi Coetzer Tue 07 Feb 2012, 1:57 pm

    Eens was daar
    herinneringe na hunkering
    na gedeelde oomblikke
    soms gesteel
    waar vier oë
    se twintig vingers
    gereik het
    na twee oë
    se tien vingers
    en die gevolglike aanraking
    twee siele
    se grondpaaie
    geteer het .

    Nou is daar
    hunkering na herinneringe
    wat vervaag het
    in gister se mis
    en tien vingerpunte
    wat se twee oë
    geleer het
    om nie meer
    terug te kyk nie
    en nog minder te sien .

    Die verlede is die verlede .


    ( 27/04/2010 12h08 )

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:19 am