FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    hoop is dalk al wat daar is, so dit maak nie sin om dit te los nie

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    hoop is dalk al wat daar is, so dit maak nie sin om dit te los nie Empty hoop is dalk al wat daar is, so dit maak nie sin om dit te los nie

    Post by Torm Wed 08 Feb 2012, 2:56 am


    as jou wonde teen die aand drup aan sug
    van die gif en fermentasie
    oor die nuus op televisie
    en die bose geeste in die lug

    sit dan jou hand op jou hart om te onthou
    na elke nag sal ʼn douvars nuwe blomdag oopvou

    as die hale van wat mense om jou mos
    gesê en gedink het, rooi oor jou seer rug rif
    en jou ingewande steier van die gif
    in selfs die nagemaakte kleur en geur van kos

    maak dan jou ooglede toe in welverdiende rus
    sodat beloftes van nuwe son oranje jou sus

    en as jou raaksien van die werklikhede
    ʼn donker klank diep binne resoneer
    en selfs jou naaste dit afmaak en onteer
    ten gunste van plastiekblink onsinnighede

    hou vas aan die-waarheid-sal-oorwin
    en selfs indien nie, maak net dit sin...

    © Torm 2012

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 10:22 pm