FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ritme in die vloei van n rivier

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ritme in die vloei van n rivier Empty Ritme in die vloei van n rivier

    Post by Rudi Coetzer Thu 02 Feb 2012, 1:15 pm

    Daar is ñ ritme
    in die vloei van ñ rivier
    wat ñ hart
    s t a d i g e r laat klop
    wat boude hou
    plat op die oewergras
    en rustelose voete
    laat wortel skiet
    in vrugbare grond .

    Daar is ñ ritme
    in die vloei van ñ rivier
    wat spanning
    uit ñ moeë lyf uit streel
    wat ñ voos kop
    se gedagtes skoon spoel
    en ñ hunker-siel soos myne
    vul met vreugdevolle bevrediging
    en ñ nederige vrede .


    ( 01/02/2012 06h47 )
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ritme in die vloei van n rivier Empty Re: Ritme in die vloei van n rivier

    Post by AmmieMoon Sun 05 Feb 2012, 2:22 am

    Ek sien jou daar op die oewer.. visstok in die hand, mymerend...met die kibbel kabbel van 'n stroom neffens jou.... Pragtig!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ritme in die vloei van n rivier Empty Re: Ritme in die vloei van n rivier

    Post by Rudi Coetzer Mon 06 Feb 2012, 12:40 pm

    groot smile..ag dankie A....my hart bly altyd agter,daar,in die natuur.

    Sponsored content


    Ritme in die vloei van n rivier Empty Re: Ritme in die vloei van n rivier

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 3:32 pm