Eensaamheid
soos geluk
is in my opgelê,
vasgestel in my gene
voor die breek van tyd.
Dit bekruip
op verevoete.
Niksvermoedend gaan ek slaap,
as ek wakker word is dit daar…
Eensaam
staan ek doodstil
in ‘n skare mense.
My eie tyd staan stil
maar alles beweeg om my.
Geluide verdoof en
klanke word dof.
Ek staan alleen
In ‘n sirkel stilte.
Alleen
in ‘n borrel
swaartekrag het ophou bestaan.
Ek kyk op na die hemel
en wonder waarom is ek in die hel.
Soveel dae, soveel drome
vlieg verby op vlerke
van stille eensaamheid.
Alleenvlug, eensaam, net ek.
soos geluk
is in my opgelê,
vasgestel in my gene
voor die breek van tyd.
Dit bekruip
op verevoete.
Niksvermoedend gaan ek slaap,
as ek wakker word is dit daar…
Eensaam
staan ek doodstil
in ‘n skare mense.
My eie tyd staan stil
maar alles beweeg om my.
Geluide verdoof en
klanke word dof.
Ek staan alleen
In ‘n sirkel stilte.
Alleen
in ‘n borrel
swaartekrag het ophou bestaan.
Ek kyk op na die hemel
en wonder waarom is ek in die hel.
Soveel dae, soveel drome
vlieg verby op vlerke
van stille eensaamheid.
Alleenvlug, eensaam, net ek.