FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    bo van die Brandwag

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    bo van die Brandwag Empty bo van die Brandwag

    Post by Torm Sat 28 Jan 2012, 9:21 am

    bo-op die Brandwag
    duisel ek maar loer tog:
    ʼn vergesig van die geheelbeeld -
    is dit hoe als van bo af lyk?

    dat so ʼn klein stroompie
    so ʼn grasieuse vallei kon oopskuur
    om luuks langs Clarens te spoel
    van sandsteenwal tot sandsteentoring
    korrel vir korrel gekerf -
    ʼn groot onbekende geduld;
    ek staan beskaamd

    luister lustig na water wat val
    oral rondom oor krans en wal
    trekkers deur die goue poort sal
    wonder wat het ons daarmee gemaak
    ʼn nuwe wêreld was eens
    onder edelpienk langs Brandwag deur dal
    vir ons beperkthede oopgemaak

    © Torm


    Last edited by Torm on Fri 03 Feb 2012, 10:04 am; edited 1 time in total
    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    bo van die Brandwag Empty Re: bo van die Brandwag

    Post by Madri Cordier Thu 02 Feb 2012, 9:09 pm

    Ek het een oorkant die Brandwag gewoon toe ek nog vir SANParke gewerk het. Clarens (nie Clarence) is 'n pragtige dorpie vol bekoring vir die siel. Woon nog naby...
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    bo van die Brandwag Empty Re: bo van die Brandwag

    Post by Torm Fri 03 Feb 2012, 10:05 am

    Baie dankie Madri.


    Sponsored content


    bo van die Brandwag Empty Re: bo van die Brandwag

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 11:46 am