FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Spatsels Kleur

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Spatsels Kleur Empty Spatsels Kleur

    Post by Madri Cordier Thu 02 Feb 2012, 4:40 pm

    Sneeuwit kunstenaarsdoek van my geboorte
    twee ouers se tog deur die reënboog se poorte
    Rooi liefde wat gevloei het vir my bestaansreg
    geel vir geluk van ouerskap, wat 'n voorreg

    Blou helder lug met die vier van my tuiskoms
    pienk muurpapier, my nuwe kamer se voorkoms
    Donker grys kringe onder oë van die min slaap
    roomwit my velletjie so mooi, staar en gaap

    Groen en soms naar vir elke doek wat hul omruil
    oranje mors orals en my mondjie bitter oulik vuil
    Spatsels kleur laat my nou anders na ouerskap kyk
    opofferings, lliefde, toewyding - niks kan vergelyk

    © Madri Cordier

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 3:23 pm