# 79 Worstel stryd

    Share
    avatar
    Morney C van Staden

    Posts | Bydraes : 12
    Points | Punte : 32
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-25
    Age | Ouderdom : 47

    # 79 Worstel stryd

    Post by Morney C van Staden on Tue 31 Jan 2012, 6:06 pm

    Ek dink soms aan baie woorde
    melodies met bitter akkoorde
    wonder soms in my stryd
    Elkeen het sy tyd
     
    Wat moet ek doen
    om my gedagtes te versoen
    Ek dra  elke  dag n ander skoen
    Al het ek verlang net na 'n soen
     
    Dae het gekom en gegaan
    woorde en dade gedaan
    sal jy verstaan
    wat binne my kop aangaan
     
    Ek worstel in my stryd
    soms is  ek alleen in my tyd
    met gedagtes en verwyd
     
    Die gedagtes van jou
    het lewe gegee aan woorde  
    worstel en rou
    kan ek ophou dink getrou

    Het jy kom loer wat kwel
    Al was dit net vir vaarwel

    Morney C van Staden
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: # 79 Worstel stryd

    Post by AmmieMoon on Wed 01 Feb 2012, 12:03 pm

    'n Amper hartseer einde met 'n melancholie wat nog kleef lank na die lees ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon

      Current date/time is Tue 26 Sep 2017, 8:51 am