Kokonvas

    Share
    avatar
    Enid

    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 44

    Kokonvas

    Post by Enid on Mon 30 Jan 2012, 7:31 pm



    hoekom ontsenu my hart
    as ek vrywillig gee
    sonder verwagting om te ontvang
    in kiekies my hart se stukke vind

    ek ingewikkelde ironie
    my in jou kokon
    om berusting by jou te vind

    jy my saggies in my nek soen
    met ‘n ‘lief jou asem’ my begroet
    sodat niks en niemand anders nader kan kom

    want dit is net jy
    wat my rustig maak
    dit is net jy wat my laat glimlag
    dis net jy wat vir my saak maak

    dis net jy

    EEvdMerwe/kopiereg/2012


    _________________
    2012/kopiereg/EEvdMerwe
    avatar
    Bigteddybear

    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 57

    Re: Kokonvas

    Post by Bigteddybear on Mon 30 Jan 2012, 8:07 pm

    Baie oulik!
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Re: Kokonvas

    Post by AmmieMoon on Wed 01 Feb 2012, 12:27 pm

    Wanneer liefde ook 'n veilige hawe word - sjoe sjoe....en hierdie is so beautiful verbeeld/verwoord ...''met ‘n ‘lief jou asem’ my begroet'' Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Kokonvas

    Post by Rudi Coetzer on Thu 02 Feb 2012, 1:29 pm

    ek hou hiervan.
    en jou slot is perfek vir jou boodskap.

    Sponsored content

    Re: Kokonvas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 11 Dec 2017, 8:04 pm