sien hul een-een staan
op die koue blink vloer
post afskeid verlate
hier waar vliegtuie wreed
deur grense van verlange
bars
asof die lewe langer was
asof die tyd pouse sal hou
tot Mammon genoeg gegee het
asof die hel se poorte kleiner sal word
as tydsones supersonies gefnuik word
en ek sal nooit verstaan hoe mense
wysheid in uitstel en afskeid kan vind nie
so asof mens iets kan leer uit doelbewuste seer
eendag sien ek jou weer
buite die beperkings
van vier dimensies
eendag sien ek jou weer
buite die vergeet van onthou
van uitstel kom afstel kom berou
eendag…
© Torm 2012