Baby , my bekkie bokkie-blom ( 43 )

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 43 )

    Post by Rudi Coetzer on Mon 30 Jan 2012, 5:25 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek lief elke skilpadjie
    op jou slaapbroek
    wat so uit hulle dop gekruip is –
    die enetjie
    wat my grootoog beloer
    vanuit ñ ‘ het-wat-kyk-jy ? ’- hoek
    ( hy kort net ñ blommetjie
    vir jou in sy bek )

    en die ander enetjie
    wat so parmantig en oulik
    op sy boudjies sit
    met ñ groot smile op sy bakkies
    en ñ blommetjie
    in sy hand .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    skuif saggies
    tot styf teen my ,
    gee my jou hand
    en lê met jou kop
    teen my skouer , want
    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek lief jou
    en soek jou altyd
    snoesig-styf teen my .


    ( 09/01/2012 19h06 )



      Current date/time is Sat 18 Nov 2017, 4:14 am